Die prosa van die twede Afrikaanse beweging
Die prosa van die twede Afrikaanse beweging
Book Excerpt
g die land bewoonbaar gemaak het. By al die faktore kom nog die ontdekking van die goudvelde, met die daarop volgende instroming van uitheemse elemente, wat 'n landelike bevolking voor geweldige ekonomiese en kulturele vraagstukke gestel het. "Wij zien in de jaren 1884 en 1900 in Zuid-Afrika een reeks van gebeurtenissen voorvallen, zóó buitensporig van karakter, dat men in de nieuwere geschiedenis te nauwernood de wedergade zal vinden."[12] In so 'n woelige tydperk kon die kuns nie opbloei nie. Daar was geen tyd vir rustige besinning nie en die vinnige loop van die gebeurtenisse het alle geleidelike ontwikkeling onmoontlik gemaak. Voeg ons daarby nog die stryd op taalgebied en die gebrekkige eenheidsbesef, dan hoef dit niemand te verbaas nie, dat die kunsontwikkeling gering was, en die Patriotters alleen voortrekkerswerk kon verrig.
Wanneer dan na die oorlog van 1899-1902 die vaste wil van die volk kenbaar word om die stryd vir nasionale selfstandigheid met geestelike wapens voort te set,
Editor's choice
(view all)Popular books in History, Fiction and Literature
Readers reviews
0.0
LoginSign up
Be the first to review this book